WELKOM BY
Ruimland Gastehuis
Ervaar die rustigheid van die plaaslewe, ‘n klipgooi vanaf die gewoel en gewerkskaf van die dorp. Ruimland gastehuis is gelee 12km vanaf die middedorp van Upington. Soos die naam aandui, is ons kamers groot en ruim.

Soggens vroeg sal jy begroet word deur die gesing en gefluit van voeltjies en dalk die roep van ’n visarend in die verte.
Ruimland gastehuis bestaan uit vyf semi-luukse selfsorgeenhede wat tesame 18 persone kan akkommodeer.
Die gastehuis is die ou plaasopstal wat omskep is in ‘n gastehuis. Elke gaste-eenheid het sy eie privaat ingang en badkamer. Ons linne is kraakvars en ons kamers is netjies en skoon.
Elke kamer is toegerus met ’n lugversorger (split-unit) om die somer hitte en winterkoue te verdryf. Elke gaste-eenheid het ‘n platskerm TV met beperkte DSTV kanale.
Daar is ook n nuwe swembad vir die warm sommers dae.
As jy meer ’n buite persoon is, is daar ‘n groot area waar die kinders kan rondhardloop en speel. Vir die ouer garde is daar groot bome om vir die somerson weg te kruip terwyl jy ‘n kalahari tjoppie op die kole het.
Kom onstpan by Ruimland Gastehuis.
“Ruimland” ‘ n Plek vir afsondering en ondersoek vir eie doen en late sonder vergelyking met die van andere.
(Dr At Kruger-Afrikaner)
Ruimland
Kamers
Ruimland gastehuis bestaan uit vyf semi-luukse selfsorgeenhede wat tesame 18 persone kan akkommodeer.
Selfsorg Kamers
Persone Akkommodeer

KAMER 1
Dit is ‘n ruim woonstelletjie met ‘n aparte kombuis.
Hy het ‘n tweeplaatstofie, ketel, mikrogolf en yskas en nodige kombuisitems.
Daar is slaapplek vir vier persone -twee enkelbeddens en ‘n dubbelbed. Tee en koffie in kamer.
Die badkamer is toegerus met ‘n stort, toilet en wasbak.
Die stort het ‘n ‘soap dispencer’ met showergel.
Die kamer het lugverkoeling en televisie met DSTV (Gastehuispakket).
Kamer het handdoeke en beddens het luukse Volpes polikatoen linne.
KAMER 2
Dit is ‘n ruim woonstel met twee slaapkamers en ‘n kombuis so wel as ‘n badkamer toegerus met stort, wasbak en toilet.
Die kombuis het ‘n tweeplaatstofie, ketel, mikrogolfoond en yskas en nodige kombuisitems.
Daar is slaapplek vir ses persone. Tee en koffie in kamers.
Die een kamer het ‘n dubbelbed en ‘n enkelbed en die ander kamer het drie enkelbeddens.
Altwee kamers het lugverkoeling en elke kamer het ‘n televisie met DSTV (Gastehuispakket).
Kamers het handdoeke en beddens het luukse Volpes polikatoenlinne.
Die stort het ‘n ‘soap dispencer’ met showergel.


KAMER 3
Die kamer is ideaal vir die haastige reisiger, maar ook gerieflik genoeg om vir ‘n langnaweek af te pak.
Die kamer het twee enkelbeddens, handdoeke en beddens het luukse Volpes Polikatoenlinne.
Die kamer is toegerus met ketel, mikrogolf en ‘n yskas.
Tee en koffie in kamer.
Badkamer is toegeus met stort , toilet en wasbak. Stort het ‘n ‘soap dispencer’ met showergel.
Kamer het lugverkoeling en televisie met DSTV (Gastehuispakket ).
KAMER 4
Die kamer het slaapplek vir 3 persone. Die kamer het ‘n dubbelbed en enkelbed.
Kamer het handdoeke en beddens het luukse Volpes Polikatoenlinne.
Kamer is toegerus met ketel, mikrogolf en yskas. Tee en koffie in kamer.
Kamer het lugverkoeling en ‘n televisie met DSTV (Gastehuispakket).


KAMER 5
Die kamer het slaapplek vir 3 persone. Die kamer het ‘n dubbelbed en enkelbed.
Kamer is toegerus met ketel, mikrogolf en yskas. Tee en koffie in kamer.
Kamer het lugverkoeling en ‘n televisie met DSTV (Gastehuispakket).
Kontak
Ruimland
- Braaifasiliteite en hout beskikbaar
- Braaibak en braaitang
- Kaartfasiliteite beskikbaar
- 50% Deposito betaalbaar vir voortuit besprekings 14dae/meer
- Geen rook in kamers
- Geen diere
- Baba badjie beskikbaar op aanvraag
- Elke kamer is tenvolle gemeubileerd
- Elke kamer het privaat ingang